Wat is De Goede Hoop

Wat is De Goede Hoop?

De Goede Hoop bied ’n tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ’n passie vir Afrikaans; ’n tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

Waar is De Goede Hoop?

De Goede Hoop is ’n moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Die koshuis is geleë in Burnett straat, Hatfield in Pretoria, sowat 200 m van Tuks se sportkampus en sowat 1 km van die Hatfield-kampus. Dit bestaan uit sowel ’n mans- as damesvleuel en studente kan dus saam op een perseel, maar afsonderlik in verskillende vleuels woon.

X