Wat bied De Goede Hoop jou?

– Student bly in hul eie kamers. Daar is verskillende tipes kamers: koshuiskamers, gedeelde woonstelle, kommunes en tuinwoonstelle. Mans en dames woon apart.

Geriewe sluit in:

– WiFi;
– ’n IT-lokaal met internet en werkruimte;
– wasgeriewe met wasmasjiene en tuimeldroërs;
– veilige parkering;
– ’n klubhuis, braaigeriewe en lieflike grasperke.

Elektrisiteit en parkering word by die huurbedrag ingesluit.
Geen etes word verskaf nie aangesien daar kombuise is. Inligting oor tuisgemaakte etes word binnekort beskikbaar gestel.
Die koshuis is omring met ’n elektriese heining en hek, met ’n 24 uur-sekuriteitswag.
Gedeelde areas word weeksdae skoongemaak.

Aansoeke word hanteer in die volgorde waarin dit ontvang word en kamerplasings word deur De Goede Hoop gedoen.

Elke enkelkamer beskik oor ’n enkelbedbasis, lessenaar, boekrak en ingeboude kas. Jy hoef dus net jou eie matras, beddegoed, gordyne (gewone standaardlengte), stoel, asblik en persoonlike goed saam te bring. Jy mag geen spykers in enige mure inslaan nie.

Badkamers is toegerus met toilette, wasbakke en storte (daar is geen baddens nie). Bring jou eie stortmatjie saam.

Kombuise is met ’n ys-/vrieskas en induksiestoof toegerus. Student is verantwoordelik vir hul eie kastrolle, panne, glase, borde, bekers en eetgerei. Kroegyskassies word in die kamers toegelaat. Eie skoonmaakmiddels, lappies en sponsies moet egter hier voorsien word.

Industriële wasmasjiene en tuimeldroërs is beskikbaar teen R20 per was- of droërsiklus. Dié masjiene neem R5-, R2- en R1-munte.

X