Koshuisouers

Ons eerste jaar as huisouers by De Goede Hoop is agter die rug en dit was behoorlik ’n avontuur! Dit gesê, sien ons met verwagting uit na 2019.

Die afgelope jaar was ons fokus daarop om ’n huis weg van die huis af te skep waar studente hul studentwees in ’n veilige omgewing kan uitleef. As huisouers glo ons dat die koshuis ’n verlengstuk van die ouerhuis self is, en daarom het ons ouers by onder meer aktiwiteite soos familiedag en ’n ma-en-dogter-tee betrek. Ons gaan dié inisiatiewe in 2019 verder uitbrei.

Tradisies word oor jare gevestig en ons wil jou uitnooi om deel te word van ’n groep baanbrekers wat help bou aan ’n trotse Afrikaansvriendelike, Christenwaardegederewe familie waar jy nie skaam hoef te wees oor wie jy as Afrikanerstudent is nie.

Ons is ook trots daarop dat drie van ons studente dié jaar in sport gebied uitgeblink het. Dylan Meyer het die o. 20- Limpopo Bulle in die Curriebeker-reeks verteenwoordig; Lecrisha Maas het Gauteng in netbal verteenwoordig; en Tristan Schwimm het Limpopo se premierspan tydens die interprovinsiale gholftoernooi verteenwoordig.

Ons sien daarna uit om jou in 2019 by die De Goede Hoop-familie te verwelkom, waar ons ’n verskil in mekaar se lewens maak. Die fokus vir 2019 is om die waardes van die koshuis te vestig en uit te leef.

Groete en seën

Oom Nantes en tannie Elsabè Kelder

Koshuisouers

Elsabè en Nantes Kelder

X