Welkom by DGH

De Goede Hoop bied ’n tuiste vir dinamiese studente met Christenwaardes en ’n passievolle gees vir Afrikaans; ’n tuiste waar jy as dinamiese jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef. Dit bestaan uit sowel ’n mans- as damesvleuel – mans en dames kan dus gesamentlik op een perseel maar afsonderlik in verskillende vleuels woon en só aan die studentelewe deelneem.
Waar is De Goede Hoop?

De Goede Hoop is ’n moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Die koshuis is geleë in Walkerspruit, Pretoria, sowat een kilometer van Tuks se hoofkampus en sowat twee kilometer van die Groenkloof-kampus.

Virtuele Koshuistoer

HIER GEE ONS OM #weesdeel SMS jou naam na 45114 vir meer inligting. (R1)

Doen Aansoek

Foto's

X