Koshuisouers

Hier by De Goede Hoop word jy deel van ’n trotse Afrikaansvriendelike, Christenwaardegedrewe gesin; ’n omgewing waar jy jou kultuur en Afrikanerskap kan uitleef sonder om jouself te regverdig. Hier kan jy net student wees.

By De Goede Hoop kry jy die kans om in ’n veilige omgewing te kan woon, studeer en pret hê – en waar jy natuurlik kan help bou aan nuwe tradisies wat aan ’n nuwe geslag oorgedra gaan word: ’n nuwe geslag leiers.

Jy word saam met ons ’n skepper van hoop en eendag gaan ons met trots na die monument terugkyk wat ons saam help bou het.

Ek en my vrou sien daarna uit om jou in 2018 by die De Goede Hoop-gesin te verwelkom. Ons het ’n hart vir jongmense en is self ouers van ’n 23-jarige dogter en 17-jarige seun. Vir ons as nuwe huisouers is dit ook ’n nuwe hoofstuk in ons lewens. Ons sien met verwagting daarna uit om ’n verskil in jou lewe te maak. Ons gaan saam kuier, saam lag en waarskynlik ook met tye saam huil.

Ons sien regtig uit daarna om jou in 2018 by die De Goede Hoop-gesin te verwelkom.

Groete en seën

Oom Nantes en tannie Elsabè Kelder

Koshuisouers

Elsabè en Nantes Kelder

X