Anker van De Goede Hoop

De Goede Hoop is in 2016 gestig om ’n veilige tuiste te bied vir Christelike Afrikanerstudente waar hulle gesonde studentetradisies kan uitleef. Die Anker van De Goede Hoop is in 2018 gestig om die geleenthede te skep om die koshuis te ontwikkel en uit te brei, en hoop te gee aan studente wat andersins nie die geleentheid sou hê om verder te studeer nie. De Goede Hoop bied ’n leefstyl vir studente waar hulle persoonlik, emosioneel en akademies kan groei en op die lewe daar buite kan voorberei.

Die fondse wat aan De Goede Hoop geskenk word, word aangewend om die koshuis te ontwikkel, moontlik meer koshuise op te rig en behoeftige studente se verblyf te subsidieer.

Omdat De Goede Hoop ’n inisiatief van AfriForum is en jy bereid is om ’n bydra te maak sonder om iets terug te verwag, kwalifiseer jy gratis vir al AfriForum se ledevoordele.

Jy sal voortaan gereeld kommunikasie met inligting oor al ons veldtogte van De Goede Hoop en AfriForum ontvang. Jou verwelkomingspak met ’n verwelkomingsbrief, ledekaart, lapelwapen en ’n AfriForum 911-armband sal binnekort afgelewer word.

Nog nie ’n Anker van De Goede Hoop nie? Sluit hier aan.

Word ’n Anker van De Goede Hoop! Blitsaansluitings.

Enige ander navrae? Kontak ons gerus.

X