De Goede Hoop-alumni

Beste oud-inwoner van De Goede Hoop

Ons nooi jou graag uit om deel te word van De Goede Hoop se alumni en om op hoogte van jou nalatenskap te bly. Help ons om geleenthede te skep om die koshuis te ontwikkel en uit te brei en ’n geleentheid aan studente te gee wat jou hulp benodig.

Voordele:

  • Uitnodiging na die jongste De Goede Hoop-gebeure
  • Kwartaallikse nuusbrief
  • Jou naamplaatjie word in die koshuis opgehang
  • Jy kwalifiseer vir al AfriForum se ledevoordele (vakansievoordele en meer)

Jy sal ’n alumnipakkie met ’n verwelkomingsbrief, ledekaart, ledevoordelebrief, lapelwapen en ’n AfriForum 911-bandjie ontvang.

Koste:

R60 per maand of R700 per jaar (eenmalig).

Ingesamelde gelde sal aangewend word om die koshuis te ontwikkel, moontlik meer koshuise op te rig en behoeftige studente se verblyf te subsidieer.

Sluit vandag aan: Alumni blitsaansluitings

Navrae of meer inligting:

Tel: 012 644 4485 | E-pos: admin@degoedehoop.co.za

De Goede Hoop: Waar jy bly as jy nie by jou ma bly nie – jy’s welkom.

X