De Goede Hoop-koshuis bied ’n tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ’n passie vir Afrikaans; ’n tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef. Die koshuis het sowel ’n mans- as damesvleuel – mans en dames kan dus saam op een perseel, maar afsonderlik in verskillende vleuels woon.

waar is de goede hoop?

De Goede Hoop is geleë in Burnettstraat, Hatfield in Pretoria, sowat 200 m van Tuks se sportgronde en sowat 1 km van die Hatfield-kampus.